NG Kerk Petrusburg (dolerend)
Deur God se genade 'n biddende gemeente wat mekaar in liefde dien en uitreik na die wêreldDankoffers
Ons glo dat elke lidmaat die voorreg en verantwoordelikheid het om vir die werk van die Here by te dra.
Eredienste:
Sondae om 09:30 (kerk)
en 11:00 (Ons Woning)
Sondagskool tydens die erediens
Kategese: kontak ds Jaco
Kerkkantoor:
Telefoon 053 574 0279
Maandag 11:00-13:00
Dinsdag tot Vrydag 08:00-13:00
Raak betrokke
Jy is vir ons belangrik!
By Petrusburg is elkeen belangrik.
Ons wil graag vir jou ‘n geestelike tuiste
bied en jou as deel van ons kerkfamilie verwelkom.
Kerkbulletin
Laai ons weeklikse afkondigingsblad hier af en bly op hoogte.
Nuutste preek
Hier kan jy die nuutste preek kry
Wat van die kinders?
Ons het ‘n gerieflike moederskamer waar jy met jou baba agter eenrigtingglas die erediens kan bywoon.
Ons maak moeite om die jonger kinders in die erediens te akkommodeer.
Ons Sondagskool is ná die erediens.
Hoe gemaak as ek my baba wil laat doop?
Ons het nie ‘n vaste doop-Sondag nie. Julle kies in oorleg met die predikant ‘n datum wat vir julle as gesin pas.
Julle moet die kerkkantoor skakel om die nodige admin af te handel. Julle moet natuurlik belydende lidmate van die kerk wees. Ons het ook julle baba se geboortesertifikaat nodig.
Maak ‘n afspraak met die predikant vir ‘n doopgesprek, ‘n week of twee voor die beplande doop.
Ons kalender
Gebede
Hierdie gebede kan jy in jou stiltetyd bid, of saam met ander.
Eredienstye
Ons belangrikste byeenkoms van die week is die erediens op Sondag om 09:30.
Kom aanbid God en beleef die gemeenskap van gelowiges.
Ons missie en visie
NG Kerk Petrusburg
Deur God se genade ‘n biddende gemeente wat mekaar in liefde dien en uitreik na die wêreld.
Nuutste artikel
Eks 34 Blink jou gesig ook?
https://www.youtube.com/watch?v=B9yZevT941c As daar nou een ding is wat ons nie kan mis in hierdie gedeelte nie, is dit dat God totaal anders is. Hy is God, en ons is mense. Hy is heilig en bewoon ’n ontoeganklik lig, en ons is sondaars. Daarom het God nie toegelaat...
Wat kan jy verwag?
'n Gemeente met 'n hart vir mense
Petrusburg se mense het oor die jare deur diep waters gegaan. Dit het ‘n sagthed en deernis vir mekaar gebring. Dis wat jy sal ondervind as jy by ons aansluit: ‘n geestelike familie wat daar is vir jou.
Gebed is deel van ons DNS
Ons bid elke Donderdagmiddag om 16:00 saam in die kerk se gebedskamer.
Ons het ook ‘n gebedshuis in die dorp waar ons hande vat met ander gelowiges in die gemeenskap.
aktiwiteite
Ons is op verskillende maniere besig om in die Koninkryk te werk.
Jy kan by enige een van ons aksies inskakel.
Erediens
Finansies
Eiendom
Vrouediens
Gebed
Sending
Administrasie & Versoening
Diens van Barmhartigheid
Jeug
Kleingroepe & Wyksbyeenkomste
Gasvryheid
Sondag Erediens 09:30
Maandag Gebedsuur 16:00
Kerkblog
Die jongste artikels en nuus
Eks 34 Blink jou gesig ook?
https://www.youtube.com/watch?v=B9yZevT941c As daar nou een ding is wat ons nie kan mis in hierdie gedeelte nie, is dit dat God totaal anders is. Hy is God, en ons is mense. Hy is heilig en bewoon ’n ontoeganklik lig, en ons is sondaars. Daarom het God nie toegelaat...
Joh 15:4,5 Gesonde geloof dra vrug
Baie van ons het grootgeword met die idee dat jou saak met God reg is as jy die Here Jesus as jou persoonlike Verlosser aangeneem het. Dan is jou plek in die hemel as ’t ware bespreek. Niks wat ons doen, kan ons plek in die hemel verseker nie. Die rede is dat ons...
Mark 5:34 God kan!
(Ek het ongelukkig nie 'n opname van vanoggend se erediens nie, jammer.) Ek het gehoor van ’n seuntjie wat ná die Sondagskool die volgende te vertelle gehad het: Moses het op ’n dag by die agterste linies van Israel gekom en toe gesien dat die Egiptenare besig is om...
Jos 1:7 God waarborg die toekoms – maar wat van ons?
Die gedeelte wat ons saam gelees het, speel af op ’n baie besondere tydstip in die volk Israel se lewe. Dit was drie dae voordat hulle die Beloofde Land sou intrek. Agter hulle het ’n pad vol swaarkry gelê: Egipte met sy slawerny, die tog...
Ps 90:12 GOD LEER ONS HOE OM TE LEWE
Dit is vandag die laaste dag van 2021. ’n Mens skrik eintlik by die gedagte. Nog ’n jaar is verby. En wat ’n jaar was dit nie, met Covid en die plundering in KZN en Gauteng en die stygende petrolprys en die politiek en verval om ons, en...
Titus 3:4-7 TOE DIE GOEDHEID VAN GOD ONS VERLOSSER VERSKYN HET
https://youtu.be/rWrWa0WY7Vw Ek wil hê julle moet almal julle oë toemaak en julle ’n wêreld voorstel waarin God nié verskyn het nie. Hoe sou só ’n wêreld gelyk het? Hoe sou jou eie lewe gelyk het? Paulus is redelik duidelik in sy gemoed oor hoe hý sou wees sonder God...