Aandgebed

In vrede gaan ons nou lê en slaap, want net U, Here, laat ons veilig woon. Bly by ons, Here Jesus, want die nag het gekom; die dag is verby. Soos die nagwag op die môre wag, so wag ons op U, o Christus. vertaal uit The Archbishops’ Council of the Church of...

Gebed om rus in God

na ’n gebed van Thomas à Kempis Here, ons wil so graag in U rus vind; in U eerder as in gesondheid of skoonheid, eer of status; mag of waardigheid, kennis of vernuf. Skenk ons die genade om in U te rus bo alle aardse rykdom en kunste, roem en lof, vreugde of...

SEËNBEDE VAN DIE VROEË KERK

Die Here is voor jou om die pad gelyk te maak. Die Here is langs jou om jou hand vas te hou. Die Here is agter jou om die Bose te verslaan. Die hand van die Here is onder jou om jou te dra as jy swak is en jou op te help as jy val. Die Here is rondom jou om jou te...

DANKGEBED

Geseënd is U, God van ontferming en genade. Aan U kom die lof en die eer toe vir altyd. In die duisternis van ons sonde breek u lig deur soos die dagbreek, en ontspring u genesing om ons te bevry. Ons juig oor die gawe van u verlossende hulp; onderhou ons deur u milde...

Epiklese-gebed vir Pinkster

Here ons God Toe die kerkklokke vanoggend so vrolik begin lui het, het dit ons herinner daaraan dat daar vanoggend ’n erediens is. En daarom het ons met vreugde opgekom na u huis, om hier vir U te kom aanbid. Dankie dat U ons met uitgestrekte arms ingewag het, Here....
Call Now ButtonSkakel die kantoor