NG Kerk Petrusburg (dolerend)

Deur God se genade 'n biddende gemeente wat mekaar in liefde dien en uitreik na die wêreld

Dankoffers

Ons glo dat elke lidmaat die voorreg en verantwoordelikheid het om vir die werk van die Here by te dra.

Erediens:

Sondae om 09:30

Kategese ná kerk

Kerkkantoor:

Telefoon 053 574 0279

Maandag 11:00-13:00

Dinsdag tot Vrydag 08:00-13:00

 

 

Raak betrokke

Jy is vir ons belangrik!

By Petrusburg is elkeen belangrik. Ons wil graag vir jou ‘n geestelike tuiste bied en jou as deel van ons kerkfamilie verwelkom.

Kerkbulletin

Laai ons weeklikse afkondigingsblad hier af en bly op hoogte.

Nuutste preek

Hier kan jy die nuutste preek kry

Ons eie toep!

Jy kan nou Petrusburg se toep (“app”) op jou slimfoon kry, en dit kos niks.

Wat van die kinders?

Ons het ‘n gerieflike moederskamer waar jy met jou baba agter eenrigtingglas die erediens kan bywoon.

Ons maak moeite om die jonger kinders in die erediens te akkommodeer.

Ons Sondagskool is ná die erediens.

Hoe gemaak as ek my baba wil laat doop?

Ons het nie ‘n vaste doop-Sondag nie. Julle kies in oorleg met die predikant ‘n datum wat vir julle as gesin pas.

Julle moet die kerkkantoor skakel om die nodige admin af te handel. Julle moet natuurlik belydende lidmate van die kerk wees. Ons het ook julle baba se geboortesertifikaat nodig.

Maak ‘n afspraak met die predikant vir ‘n doopgesprek, ‘n week of twee voor die beplande doop.

Ons kalender

Gebede

Hierdie gebede kan jy in jou stiltetyd bid, of saam met ander.

Eredienstye

Ons belangrikste byeenkoms van die week is die erediens op Sondag om 09:30.

Kom aanbid God en beleef die gemeenskap van gelowiges.

Ons missie en visie

NG Kerk Petrusburg

Deur God se genade ‘n biddende gemeente wat mekaar in liefde dien en uitreik na die wêreld.

Nuutste artikel

Jesaja 55 Kom, almal wat dors is

God se weë is nie ons weë nie
As dit sleg gaan, sê mense graag: “Nou ja, ons moet maar berus en tevrede wees. Die Here se gedagtes is nie ons gedagtes nie, en sy weë is nie ons weë nie.” Dit staan presies so in Jes 55:8! Maar is dit ’n uitspraak wat ons moet laat berus?

Wat kan jy verwag?

'n Gemeente met 'n hart vir mense

Petrusburg se mense het oor die jare deur diep waters gegaan. Dit het ‘n sagthed en deernis vir mekaar gebring. Dis wat jy sal ondervind as jy by ons aansluit: ‘n geestelike familie wat daar is vir jou.

Gebed is deel van ons DNS

Ons bid elke Donderdagmiddag om 16:00 saam in die kerk se gebedskamer.

Ons het ook ‘n gebedshuis in die dorp waar ons hande vat met ander gelowiges in die gemeenskap.

aktiwiteite

Ons is op verskillende maniere besig om in die Koninkryk te werk.

Jy kan by enige een van ons aksies inskakel.

Erediens

Finansies

Eiendom

Vrouediens

Gebed

Sending

Administrasie & Versoening

Diens van Barmhartigheid

Jeug

Kleingroepe & Wyksbyeenkomste

Gasvryheid

Sondag Erediens 09:30

Maandag Gebedsuur 16:00

Kerkblog

Die jongste artikels en nuus

Jesaja 55 Kom, almal wat dors is

God se weë is nie ons weë nie
As dit sleg gaan, sê mense graag: “Nou ja, ons moet maar berus en tevrede wees. Die Here se gedagtes is nie ons gedagtes nie, en sy weë is nie ons weë nie.” Dit staan presies so in Jes 55:8! Maar is dit ’n uitspraak wat ons moet laat berus?

Lees verder

Markus 9:2-8 Sondag van Verheerliking

Die gevaar bestaan dat ons só by Jesus se menslikheid vassteek dat ons nie genoegsaam sy Goddelikheid in ag neem nie. Hierdie dag herinner ons dat Jesus van Nasaret inderdaad die Seun van God is, aan wie alle mag gegee is.

Lees verder

Jes 40:1-11 Is God weg?

God is weg. Dit is die ergste wat enige mens kan ervaar, die diepste put waarin jy gegooi kan word, die moeder van alle krisisse. Daarnaas is alle ander dinge, hoe erg hulle ook al mag wees, kinderspeletjies.

Lees verder

1 Kor 13 LIEFDESIMFONIE

Ons speel almal in God se simfonie; ons moet mooi musiek maak met ons lewens, en ons moet dit saam met ander doen. Paulus gee vir ons die bladmusiek hiervoor in 1 Korintiërs 13.

Lees verder
Call Now ButtonSkakel die kantoor