Here onse Here!

Ons aanbid U as die God van hemel en aarde:
U die Skepper en onderhouer van die ganse heelal,
U wat ons van voor die grondlegging van hierdie wêreld af al liefhet en uitgekies het om u kinders te word;
U wat u Seun in die volheid van die tyd gestuur het om mens te word en ons te kom verlos van die mag van die Bose en die sondedood.

Ons aanbid U as die God wat gekom het en onder ons kom woon het;
ons swakke menslike vlees aangeneem het sodat U in ons plek ons sondeskuld kon dra op Golgota;
U wat ons Verlosser en ons Koning is,
U wat eenmaal weer sal kom op die wolke van die hemel om alles nuut te maak.

Ons aanbid U as die God wat in ons kom woon het om ons lewens te wederbaar sodat ons kan glo.

Amen.

Call Now ButtonSkakel die kantoor
%d bloggers like this: