As jy nuut is ...

Ons is baie opgewonde daaroor dat jy deel van Petrusburg gemeente wil word.

Daar is drie maniere waarop jy by ons kan aansluit:

Woon ‘n erediens by

Sondag 09:30

Jy kan doodgewoon ‘n erediens bywoon en daar met enige-een van die kerkraad of die predikant gesels oor jou voorneme.
Die kerkgebou is in Ossewastraat.
Ons erediens is Sondag 09:30.

Kontak ons predikant

jaco@ngkerkpetrusburg.co.za

Jy kan ons predikant, ds Jaco Thom, kontak.
Sy nommer is 084 523 1157.

 

Kerkkantoor

Skakel ons kantoor by 053 574 0279

Ons vriendelike skriba, Madette Lombaard, sal al die nodige inligting vir jou kan gee en ook jou besonderhede kry om jou lidmaatskap na ons toe oor te dra.
Die kantoor is in Thompsonstraat, aan die agterkant van die kerk.
Die kantoorure is Maandag 11:00-13:00 en Dinsdag tot Vrydag 08:00-13:00. 

 

Call Now ButtonSkakel die kantoor
%d bloggers like this: