Gebed vir Heilige Donderdag

Here Jesus, op hierdie heilige aand gaan ons gedagtes terug na daardie aand, soveel jare gelede, toe U die laaste keer met u dissipels die pasga gevier het. Ook hy wat U verraai het, was saam met U aan tafel. Ook hy wat U verloën het, was daar. Ook hulle wat weggevlug...

Gebed vir Lydenstyd

Here Jesus In hierdie dae word ons weer in verbystering stil voor u liefde: dat U gekom het na die wêreld toe om te sterf. Ons is verbysterd daaroor, Here, want dis nie soos ons is nie. Dankie dat U nie soos ons is nie, Here. Dankie dat U Uself gegee het tot in die...

Gebed vir die Oujaar

Hemelse Vader Die jaar se asem is bykans op; 2018 is amper verby. Teen die spoed van een dag op ’n slag het 2018 voor ons oë verbygesnel. Ons dank U, Here, dat U op soveel verskillende maniere gedurende die afgelope jaar in ons midde teenwoordig was: Toe dit donker...

GEBED BY DIE DOOPWATER

Genadige en goeie God rondom die doopvont onthou ons vanoggend u regverdigheid en genade. Ons onthou hoe U met ’n groot vloed regverdig geoordeel het oor die ongelowige wêreld. Ook onthou ons dat U in u groot genade Noag en sy familie gered het. Verder onthou ons dat...

Epiklese-gebed vir Pinkster

Here ons God Toe die kerkklokke vanoggend so vrolik begin lui het, het dit ons herinner daaraan dat daar vanoggend ’n erediens is. En daarom het ons met vreugde opgekom na u huis, om hier vir U te kom aanbid. Dankie dat U ons met uitgestrekte arms ingewag het, Here....

Dankgebed na ’n feesmaal

Here U gee ons u seëninge in oorvloed terwyl daar so baie mense is wat gebrek ly. Ons tafel was oorlaai met heerlike kos, terwyl daar vandag mense is wat smag na ’n stukke brood. Ons huis is vol dierbares terwyl daar vandag mense is wat prewel: ek het niemand nie. U...
Call Now ButtonSkakel die kantoor