by Jaco Thom | 4 Okt 2019 | Gebede, Vertaalde gebede
Ewige Lig, verlig ons harte, ewige Goedheid, verlos ons van die bose, ewige Krag, wees ons ondersteuning, ewige Wysheid, verstrooi die duisternis van ons onkunde, ewige Erbarming, wees ons genadig; sodat ons met ons hele hart, verstand, siel en krag u aangesig mag...
by Jaco Thom | 26 Sep 2019 | Gebede, Vertaalde gebede
“Kom haastig, Jesus!” bid die predikant. “Ja, kom gou,” sê ’n boer, “kom gou! Maar eers ná die oes, want van my nuwe land het ek nog nooit die opbrengs aanskou.” “Ja, kom gou,” sê ’n vrou, “maar laat ek eers spaar vir die mooi jas wat ek gister gesien het, dat ek hom...
by webmeester | 20 Sep 2019 | Vertaalde gebede
na ’n gebed van Thomas à Kempis Here, ons wil so graag in U rus vind; in U eerder as in gesondheid of skoonheid, eer of status; mag of waardigheid, kennis of vernuf. Skenk ons die genade om in U te rus bo alle aardse rykdom en kunste, roem en lof, vreugde of...
by webmeester | 30 Mar 2019 | Vertaalde gebede
Ontredderd van smart en vreesdraai die verstotenes na U:goeie Here, verlos onsin ons uur van nood,o allerheiligste God, o sterke GodWie se wysheid die kruis van Christus is. vertaal uit The Archbishops’ Council of the Church of England
by webmeester | 24 Feb 2019 | Vertaalde gebede
Almagtige en ewige God, vermeerder in ons u gawe van geloof sodat ons kan vergeet wat agter is en ons kan uitstrek na wat voorlê, en op die weg van u gebooie kan bly en die kroon van ewige vreugde ontvang; deur Jesus Christus, u Seun en ons Here, wat leef en regeer...
by webmeester | 17 Feb 2019 | Vertaalde gebede
Soewereine God op u troon in die hemel, kyk na ons met u genadige oë soos ons na U kyk in nederigheid en liefde, en vul ons siele met u vrede deur Jesus Christus ons Here. vertaal uit The Archbishops’ Council of the Church of...
Nuutste Opmerkings