O Here, wees ons, sondaars, genadig!
Ons wat ook soos Judas so geneig is om sommetjies te maak as ons ons lewe voor U bedink.
Ons wat uitreken wat ons gaan kry in ruil vir dit wat ons gee vir U en vir u kerk.
Maak ons soos Maria, Here, wat nie vra wat dit ons kos nie.
Maak ons mense wat geheel en al op U gerig is,
wat lewe vanuit die liefde wat U ons gee,
wat verstaan dat hoevéél ons ook al vir U gee en doen,
dit nog altyd so min is as ons dink wat U vir ons gedoen het.
Maak ons mense wat U in dankbaarheid en ootmoed elke dag volg.
Maak ons soos U, Here Jesus.
Amen.

Call Now ButtonSkakel die kantoor
%d bloggers like this: