Kerkblog

Lees hier al die artikels

Daniël 1 Die duiwel is listig, maar jy kan hom wen

Dink net hoe lekker sal dit wees as jy na skool op uitnodiging van die koningin van Engeland of Holland of die kanselier van Duitsland of die president van Frankryk of die VSA in die beste hotel van daardie land kan gaan bly, dieselfde kos...

Job 38 – 42 Hoe moet ons God verstaan?

Die kerk is die afgelope maand geruk met onthullings oor sg. besluite van die Algemene Sinode wat ’n mens se hare laat rys. Is dit regtig wat die kerk besluit het? Wat moet ons daarvan maak?
God se gesprek met Job kan ons help om nuut oor Hom te dink, en tot rus te kom.

Ps 91 Mag ek bid om die beskerming van Psalm 91?

Wanneer ’n mens lees wat mense oor die korona-pandemie te sê het, of jy gesels met mense oor hoe hulle dit hanteer en of hulle die entstof gaan neem of nie, kom jy vroeër of later uit by verwysings na Psalm 91. Dit klink min of meer só: “Ek bid net Psalm 91 en die bloed van Jesus oor my. Ek sal oukei wees.”

2 Kron 1:1-13 Waarvoor bid jy?

Die jong koning Salomo het ’n geleentheid gekry wat net in sprokiesverhale moontlik is. Hy kon vra net wat hy wou, en God sal dit vir hom gee.
Sy keuse is verrassend, maar dit dwing ons om vir onsself te vra waarvoor óns sou vra as ons in sy plek was, en waarvoor ons nóú vra.

2 Sam 24:24 Het jy kopspasie vir God?

Koning Dawid hou ’n sensus om die omvang van sy koninkryk vas te stel, maar dié plan boemerang lelik, en hy moet met God regmaak. Sy verstaan van hoe God inpas in sy lewe en wêreld het oor die jare skeef getrek.

1 Sam 13 Van haastigheid kom lastigheid

Wat was Saul se groot probleem? Ongehoorsaamheid is darem ’n te algemene woord. Ek dink ons moet ander woorde byvoeg, soos eiesinnigheid en koppigheid en ongeduld en ongeloof. Dit was alles deel van Saul se probleem. Hy het sy eie kop gevolg en wou nie wag op die Here se leiding nie. Hy wou God dwing om op te tree op ’n tyd en soos hý dit wou hê, en toe dit nie gebeur nie, neem hy die reg in eie hande …

Skakel die kantoor
%d bloggers like this: