NG Kerk Petrusburg

Deur God se genade 'n biddende gemeente wat mekaar in liefde dien en uitreik na die wêreld

Erediens:

Sondae om 09:30

Kategese ná kerk

Kerkkantoor:

Telefoon 053 574 0279

Maandag 11:00-13:00

Dinsdag tot Vrydag 08:00-13:00

 

 

Dankoffers

Ons glo dat elke lidmaat die voorreg en verantwoordelikheid het om vir die werk van die Here by te dra.

Raak betrokke

Jy is vir ons belangrik!

By Petrusburg is elkeen belangrik. Ons wil graag vir jou ‘n geestelike tuiste bied en jou as deel van ons kerkfamilie verwelkom.

Kerkbulletin

Laai ons weeklikse afkondigingsblad hier af en bly op hoogte.

Nuutste preek

Hier kan jy die nuutste preek kry

Wat van die kinders?

Ons het ‘n gerieflike moederskamer waar jy met jou baba agter eenrigtingglas die erediens kan bywoon.

Ons maak moeite om die jonger kinders in die erediens te akkommodeer.

Ons Sondagskool is ná die erediens.

Hoe gemaak as ek my baba wil laat doop?

Ons het nie ‘n vaste doop-Sondag nie. Julle kies in oorleg met die predikant ‘n datum wat vir julle as gesin pas.

Julle moet die kerkkantoor skakel om die nodige admin af te handel. Julle moet natuurlik belydende lidmate van die kerk wees. Ons het ook julle baba se geboortesertifikaat nodig.

Maak ‘n afspraak met die predikant vir ‘n doopgesprek, ‘n week of twee voor die beplande doop.

Eredienstye

Ons belangrikste byeenkoms van die week is die erediens op Sondag om 09:30.

Kom aanbid God en beleef die gemeenskap van gelowiges.

Ons kalender

Gebede

Hierdie gebede kan jy in jou stiltetyd bid, of saam met ander.

Ons missie en visie

NG Kerk Petrusburg

Deur God se genade ‘n biddende gemeente wat mekaar in liefde dien en uitreik na die wêreld.

Nuutste artikel

Wat kan jy verwag?

'n Gemeente met 'n hart vir mense

Petrusburg se mense het oor die jare deur diep waters gegaan. Dit het ‘n sagthed en deernis vir mekaar gebring. Dis wat jy sal ondervind as jy by ons aansluit: ‘n geestelike familie wat daar is vir jou.

Gebed is deel van ons DNS

Ons bid elke Donderdagmiddag om 16:00 saam in die kerk se gebedskamer.

Ons het ook ‘n gebedshuis in die dorp waar ons hande vat met ander gelowiges in die gemeenskap.

aktiwiteite

Ons is op verskillende maniere besig om in die Koninkryk te werk.

Jy kan by enige een van ons aksies inskakel.

Erediens

Finansies

Eiendom

Vrouediens

Gebed

Diens van Barmhartigheid

Jeug

Kleingroepe & Wyksbyeenkomste

Sending

Gasvryheid

Administrasie & Versoening

Sondag Erediens 09:30

Donderdag Gebedsuur 16:00

Kerkblog

Die jongste artikels en nuus

Rom. 3: 21, 22 GELOOF IS OM AAN CHRISTUS VAS TE HOU

Rom. 3: 21, 22 GELOOF IS OM AAN CHRISTUS VAS TE HOU

https://www.youtube.com/watch?v=92didD5zBCE (Ek het taamlik van die teks afgewyk in die preek, so luister gerus die preek -- Jaco Thom) Iemand sê nou die dag vir my: “Ek kan nie ’n kind van God wees nie, want ek is te sleg en vol sonde. Ek moet darem eers ’n beter...

Lees verder
Gebed vir Lydenstyd

Gebed vir Lydenstyd

vertaal uit The Archbishops’ Council of the Church of England Ons eer U, Here God van ons verlossing,aan U behoort die heerlikheid en lof vir ewig.Ontsteek in ons die vuur van u liefdeas ons u Seun aanskou, getroon aan die kruis,dat ons gereinig kan word van al ons...

Lees verder
Luk 9:28-36 DIE HEERLIKHEID VAN CHRISTUS

Luk 9:28-36 DIE HEERLIKHEID VAN CHRISTUS

https://www.youtube.com/watch?v=2bI7VnG7e8A Partykeer wens ek ek kon ook vir Jesus gesien het toe Hy nog op aarde was, want ek verbeel my ek sou dan dieper onder die indruk gewees het van sy heiligheid en goddelikheid, en dan sou ek Hom met groter toewyding gevolg...

Lees verder
Joh 11: 25,26 JESUS GEE HOOP

Joh 11: 25,26 JESUS GEE HOOP

https://www.youtube.com/watch?v=nyn63VD2INA Die dood is vir ons almal ’n vreeslike ding: ons was nog nie een daar nie. Maar die meeste van ons het al by ’n graf gestaan, en ondervind dat die dood vernietigend is: dit vernietig ’n lewe, dit breek verhoudinge plotseling...

Lees verder
Joh 8:1-11 Jesus, jy en ander mense

Joh 8:1-11 Jesus, jy en ander mense

https://www.youtube.com/watch?v=CdRyo7UepkM As ’n mens ’n verhaal soos hierdie lees, gebeur daar onbewustelik iets met jou. Die verhaal dwing jou as ’t ware om kant te kies. ’n Mens lees die verhaal, en dan vra jy jouself af: maar waar staan ék in hierdie verhaal?...

Lees verder
Call Now ButtonSkakel die kantoor