NG Kerk Petrusburg (dolerend)
Deur God se genade 'n biddende gemeente wat mekaar in liefde dien en uitreik na die wêreldDankoffers
Ons glo dat elke lidmaat die voorreg en verantwoordelikheid het om vir die werk van die Here by te dra.
Erediens:
Sondae om 09:30
Kategese ná kerk
Kerkkantoor:
Telefoon 053 574 0279
Maandag 11:00-13:00
Dinsdag tot Vrydag 08:00-13:00
Raak betrokke
Jy is vir ons belangrik!
By Petrusburg is elkeen belangrik. Ons wil graag vir jou ‘n geestelike tuiste bied en jou as deel van ons kerkfamilie verwelkom.
Kerkbulletin
Laai ons weeklikse afkondigingsblad hier af en bly op hoogte.
Nuutste preek
Hier kan jy die nuutste preek kry
Ons eie toep!
Jy kan nou Petrusburg se toep (“app”) op jou slimfoon kry, en dit kos niks.
Wat van die kinders?
Ons het ‘n gerieflike moederskamer waar jy met jou baba agter eenrigtingglas die erediens kan bywoon.
Ons maak moeite om die jonger kinders in die erediens te akkommodeer.
Ons Sondagskool is ná die erediens.
Hoe gemaak as ek my baba wil laat doop?
Ons het nie ‘n vaste doop-Sondag nie. Julle kies in oorleg met die predikant ‘n datum wat vir julle as gesin pas.
Julle moet die kerkkantoor skakel om die nodige admin af te handel. Julle moet natuurlik belydende lidmate van die kerk wees. Ons het ook julle baba se geboortesertifikaat nodig.
Maak ‘n afspraak met die predikant vir ‘n doopgesprek, ‘n week of twee voor die beplande doop.
Ons kalender
Gebede
Hierdie gebede kan jy in jou stiltetyd bid, of saam met ander.
Eredienstye
Ons belangrikste byeenkoms van die week is die erediens op Sondag om 09:30.
Kom aanbid God en beleef die gemeenskap van gelowiges.
Ons missie en visie
NG Kerk Petrusburg
Deur God se genade ‘n biddende gemeente wat mekaar in liefde dien en uitreik na die wêreld.
Nuutste artikel
Jes 40:1-11 Is God weg?
God is weg. Dit is die ergste wat enige mens kan ervaar, die diepste put waarin jy gegooi kan word, die moeder van alle krisisse. Daarnaas is alle ander dinge, hoe erg hulle ook al mag wees, kinderspeletjies.
Wat kan jy verwag?
'n Gemeente met 'n hart vir mense
Petrusburg se mense het oor die jare deur diep waters gegaan. Dit het ‘n sagthed en deernis vir mekaar gebring. Dis wat jy sal ondervind as jy by ons aansluit: ‘n geestelike familie wat daar is vir jou.
Gebed is deel van ons DNS
Ons bid elke Donderdagmiddag om 16:00 saam in die kerk se gebedskamer.
Ons het ook ‘n gebedshuis in die dorp waar ons hande vat met ander gelowiges in die gemeenskap.
aktiwiteite
Ons is op verskillende maniere besig om in die Koninkryk te werk.
Jy kan by enige een van ons aksies inskakel.
Erediens
Finansies
Eiendom
Vrouediens
Gebed
Sending
Administrasie & Versoening
Diens van Barmhartigheid
Jeug
Kleingroepe & Wyksbyeenkomste
Gasvryheid
Sondag Erediens 09:30
Maandag Gebedsuur 16:00
Kerkblog
Die jongste artikels en nuus
2 Kor 5:17 ’n Nuwe jaar, ’n splinternuwe jy!
https://youtu.be/B4HI7r0HjrE SIEN JY NOG UIT NA IETS? Ek onthou nog goed, toe ek jonk was, hoe opwindend elke nuwe ding vir my was – ’n nuwe jaar, ’n nuwe boek, ’n nuwe standerd, en later: ’n nuwe motor, ’n nuwe rekenaar, ’n nuwe selfoon ... Elke nuwe ding het my...
Gebed vir die nuwe jaar
Here ons GodHier aan die begin van die nuwe jaar wil ons geborgenheid en troos by U kom soek.Daar is so baie dinge wat ons nie weet nie,so baie dinge wat vir ons nuut sal wees in die nuwe jaar,dinge wat op ons wag.Dankie dat Ú weet wat dit is, Here.Dankie dat U voor...
Pred. 9:7 Alles is nié tevergeefs nie
https://youtu.be/IqUOXmcSJLY Wat ’n jaar was dit nie! Verlede jaar hierdie tyd het ons nog net gehoor van ’n nuwe soort virus wat in China ontdek is, en later gedink die hele pandemie sal teen die einde van die jaar iets van die verlede wees. En nou is ons midde-in...
Heb 9:26b Kersfees, blydskap & die kruis
https://youtu.be/Jsiz1Z5q0S4 Dit is vanoggend die derde Advent-Sondag. Dit beteken daar is nog net 2 Sondae oor (saam met vandag), dan is dit Kersfees. En elke jaar in hierdie laaste 4 Sondae voor Kersfees, die Advent-Sondae, dink ons aan Kersfees, aan die koms van...
Mal 3:13v KERSFEES BRING WEER NUWE HOOP
https://youtu.be/378c10MyldM Oor ’n bietjie meer as vier weke vier ons Kersfees, vier ons die koms van die Seun van God na hierdie wêreld, vier ons dit dat daar ’n dag aangebreek het waarvan die engele gesing het: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde...
Mat 2:1-12 Jesus is Koning!
https://youtu.be/e2HYuSf3QuM Hoe berei jy jou voor vir Kersfees? Hoe beplan jy om die geboorte van ons Here Jesus te vier? Of laat ek liewer die vraag só formuleer: Wat doen jy om die fokus op Christus te laat val? Wat doen jy sodat almal wat saam met jou vanjaar...