Ek bid vir my en vir almal
wat wegvlug wanneer ons saam met U moet waak,
wat swyg wanneer ons vir U moet praat,
wat anderkant verbygaan omdat ons nie betrokke wil raak nie,
wat vrees wanneer ons moet glo,
wat haat wanneer ons moet liefhê,
wat wegskram vir die waarheid
omdat ons bang is en verknog aan die dinge van die aarde,
ons wat u dissipels is en maak of ons U nie ken nie.
Ek bid vir ons almal,
kinders van die lig wat die donker opsoek,
mense van God wat bewe voor die bose,
burgers van u Koninkryk wat bevrees is vir die dood.
Here, vergewe! O Here, vergewe!

Gebed van Lord Shaftesbury

Call Now ButtonSkakel die kantoor
%d bloggers like this: